Ronél Pentz
Born: 19 April 1990, Cape Town, South Africa
Batting Style: Right-handed
Bowling Style: So bietjie offspin as ek moet (keeper)
Background Information:
Ek is gebore in die Kaap en het op Malmesbury gebly totdat ek 7 jaar oud was. Daarna het ons Paarl toe getrek waar ons vir die afgelope 12 jaar bly. Ek het gematrikuleer by Paarl Gim en is tans besig om ingenieurswese te (probeer) swot by Stellenbosch. Van laerskool af was krieket dié sport wat my aandag getrek het en daar is min goed wat ek so baie geniet. In 2004 het ek die geleentheid gekry om vir Boland o/19 te speel. My planne is nog oop vir die toekoms. Op die oomblik probeer ek net elke oomblik te volle geniet
Career Highlights:
- Die hoogtepunt sover was toe Boland o/19 in 2007 die provinsiale toernooi in Oudtshoorn gewen het. ‘n Groep ongelooflike mense wat uiteindelik na 4 jaar hulle droom bereik het. Maar nommer een op my lysie moet wees toe ek in 2008, my laaste jaar by Boland o/19, die SA o/18 span gemaak het. Op die oomblik is dit vir my ‘n groot voorreg om in ‘n Boland groep te wees met ‘n ongelooflike liefde vir die sport en om saammet van die land se beste spelers te kan oefen
In my bag:
- Alles wat ek nodig het of dalk mag nodig kry. Niks buitengewoon nie...
Why do you love Cricket and why is it so important to you?
- Krieket is een van die plekke waar ek op my gelukkigste is. Dit gee my kans om iets te doen wat ek regtig met my hele hart geniet en mens ontmoet so ‘n groot verskeidenheid mense en bou lewenslange vriendskappe. Krieket is meer as net ‘n sport, dis ‘n mindgame, en ‘n strategiese fout kan jou dikwels meer kos as ‘n swak hou. Krieket is my passie in die lewe en die hoogtepunt van my dag
Personal quotes:
- Don’t let ‘good enough’ be good enough
- If you do things half-heartedly, you can expect half-hearted results
- Stop telling God how big your problems are, and start telling your problems how big God is
- Sukses word nie gedefinieer deur dit wat jy bereik nie, maar deur die kere wat jy opstaan nadat jy geval het
- Winners NEVER quit, and quitters never win
Advice to aspiring cricketers:
- Moet nooit dink dat jou droom nie belangrik genoeg is om na te streef nie of dat dit kan wag tot more nie. Begin vandag oefen en bly glo in jouself al sê mense jy is nie goed genoeg nie. Bewys hulle verkeerd. Met die regte gesindheid kan en sal jy baie ver kom