weather
Click for Cape Town, South Africa Forecast
Click for Paarl, South Africa Forecast
weather page

Weather page

THE OFFICIAL BOLAND CRICKET BOARD WEBSITE
Boland Cricket. Buy your tickets to the next game now

IN THE NEWS

South Africa's free-scoring middle-order batsman AB de Villiers has moved up five places to 11th in the Reliance Mobile ICC Player rankings for Test batsmen following the Proteas' victory over the West Indies in Barbados on Tuesday


Read More

news
Back


Boland se blitsige bouler

2010-02-13 14:29 Avril Fillies in die Paarl (avril.fillies@rapport.co.za)

’n Blitsige baba?.?.?. Dit klink na twee begrippe wat nie saam in een huis hoort nie. Maar die “baba” in die SA o.19-krieketspan is die bouler wat die vinnigste bal (142 km per uur) by die o.19-Wêreldbeker in Nieu-Seeland afgestuur het.

Rabian Engelbrecht (17), snelbouler van Boland en die Sekondêre Skool New Orleans in die Paarl, was ’n groentjie in die span die afgelope Wêreldbekertoernooi.

“Voor die eerste opwarmingswedstryd teen Pakistan was ek baie senuweeagtig en nadat ek met my eerste bal die paaltjie gevat het, het ek die kluts kwytgeraak. Ek het die volgende twee balle wild afgestuur en is grens toe gemoker. My kaptein, Josh Richards, het my gevra om te kalmeer, want die kolwers van Pakistan was nie beter as ek nie,” sê Rabian.

Hy was tydens die toernooi in aksie teen Ierland, Sri Lanka en Australië en sy syfers vir die toernooi is 3/57.

“Sedert September verlede jaar het ek oefenkampe en driedaagse wedstryde vir o.19-spanne orals in die land bygewoon. Net voor die Coca-Colaweek (9 tot 14 Desember) in Benoni is 15 spelers uit die groep van 30 gekies vir die Wêreldbekertoernooi. Die 15 het toe vir vyf dae by die Sentrum vir Uitnemendheid in Pretoria voorberei.

“Ek het nie gedink ek sal die finale span haal nie, want ek het meegeding teen ervare boulers soos Graeme Hume van OP, Samuel Mofokeng van Noordelikes en Malcolm Nofal van Gauteng.”

Rabian en Kirk Wernies van die WP was die enigste Kapenaars wat die finale span gehaal het.

“Die grondslag vir my opgang in krieket is as kannetjie deur Mark de Villiers van die Primêre Skool Magnolia in die Paarl gelê. In ’n skolewedstryd in 2007 in die Kaap het Henry Williams (voormalige Protea-bouler) my potensiaal as vyftienjarige raakgesien en my vir Boland geoormerk.

“In dieselfde jaar het Ray Jennings, voormalige Protea-paaltjiewagter, op ’n toernooi in die Kaap gesê dat ek die vinnigste bouler in my ouderdomsgroep in die land is.

“Ek was bly oor die prestasie, want ek het nie daarvan geweet nie en my gewone gang gegaan. Na afloop van die toernooi het Williams my toe opgetrek na Boland se o.19-groep en dit was die stepping stone na die SA Colts, Boland se o.19- en SA se o.19-span.

“Die Colts is soortgelyk aan die Cravenweekspan in rugby en ek was bevoorreg om in 2008 en 2009 die span te haal.
Verlede jaar is ek ook in die Wêreldbekergroep opgeneem ter voorbereiding vir Nieu-Seeland,” sê Rabian.

“In Nieu-Seeland kon ek teen die beste juniors van twaalf lande in die wêreld speel.

“Daar het ek geleer hoe belangrik konsentrasie, die geloof in jou eie vermoëns en die regte boullengtes is.

“Uit die ses balle in ’n beurt wat ek boul, kan ek in- en wegswaaiers boul en dit afwissel met dot balls om die kolwer te dwing om te fokus.

“By die Wêreldbeker het my selfvertroue met elke wedstryd gegroei en het ek my nie laat afsit deur kolwers wat al in die Indiese Premierliga gespeel het nie.

“Ons het gevorder tot in die kwarteindstryd en is deur Sri Lanka huis toe gestuur. Hulle het 290 aangeteken en ons kon nie dié telling inhaal nie,” sê Rabian.

“In wedstryde doen ek my eie sommetjies om die ander span uit te boul. Ek kyk na die eerste tien boulbeurte en stel aan myself ’n telling van 150 lopies of minder wat die teenstanders moet opstel. As hulle verby daai telling is, probeer ek hulle vir die volgende vyf boulbeurte beperk tot 30 lopies.

“As my sommetjies uitwerk, weet ek dat ons op die wenpad is. Maar dit gebeur nie altyd so nie en dan moet jy aanpassings maak en hoop jou spanmaats sal die wilgerlat goed inlê om op te maak vir die boulers wat gesukkel het om die ander span uit te boul.”

Hy is die aanvangsbouler van die Sekondêre Skool New Orleans en word daar afgerig deur Derrick Ruiters en Zynodean Fredericks. By Boland is hy deel van die Boland-Akademie en word hy deur Nathaniel Tsolo afgerig.

Hy bewonder Dale Steyn as bouler omdat Steyn die bal albei kante toe kan swaai, nes hy. Sy kolfheld is JP Duminy en hy het ook groot agting vir sy spanmaat Colin Ackerman vir sy dissipline op en van die veld.

Sy visier is nou gestel om Boland se o.19- en Coca-Colaweek- en die Wêreldbekerspan in 2012 te haal. Daarna hoop hy om ’n kontrak by ’n franchise te kry.

 

[Retrieved 16 February 2010 from http://www.rapport.co.za/Content/KaapRapport/Nuus/2400/349ac760f43b479aa559118822ae4c0f/13-02-2010-02-29/_Boland_se_blitsige_bouler]

 


Back
Results login

click here

Fixtures login

click here

Performax login

click here

shadow