weather
Click for Cape Town, South Africa Forecast
Click for Paarl, South Africa Forecast
weather page

Weather page

THE OFFICIAL BOLAND CRICKET BOARD WEBSITE
Boland Cricket. Buy your tickets to the next game now

IN THE NEWS

South Africa's free-scoring middle-order batsman AB de Villiers has moved up five places to 11th in the Reliance Mobile ICC Player rankings for Test batsmen following the Proteas' victory over the West Indies in Barbados on Tuesday


Read More

news
Back


Wellington skitter
 
SATERDAG, op hul tuisveld, het die eerste span van Bella Roma Wellington-CPUT Krieketklub ’n oortuigende 8 paaltjie-oorwinning behaal oor die besoekende Malmesbury-span.
Die lootwenners, Wellington, het met die besluit om eerste te boul, die besoekers uitgehaal vir slegs 118 lopies, met J Swanepoel (4/17), J Strydom (2/33) en I Opperman (2/12) wat die tuisspan se boulaanval gelei het.
Toe dit Wellington se beurt was om te gaan kolf, het hulle slegs 26 boulbeurte benodig om die wenteiken te behaal.
Wellington se beste kolwers was B Williams (48* lopies) en D van Zyl (46 lopies).
Malmesbury se beste speler was H Manuel (48 lopies en 2/20 paaltjies).
Wellington I speel Saterdag 21November tuis teen Paarl.
 
Bergrivier skok Paarl-Oos
 
’n SKOK-OORWINNING is Saterdag deur Bergrivier krieketklub se eerste span behaal, toe hulle die gedugte span van GMT Paarl-Oos met 9 lopies verslaan het op Weltevredepark.
Paarl-Oos het die loot gewen en vir Bergrivier laat kolf.
Bergrivier kon slegs 139 lopies aanteken voor al hul paaltjies platgetrekis, met Charlton Manuel (47, 4x4 en 1x6) en Marquin Julies (32, 1x4 en 2x6) die voorste lopiemakers.
Die draaibouler Waylon September het ’n goeie boulvertoning vir die besoekers gelewer, met 5/27.
Met Paarl-Oos aan die kolf, moes September (23 lopies) met die kolf ook tot sy span se redding kom, ná die vroeë vertrek van Paarl-Oos se openingskolwers. Jacky Daniels (34, 2x4) het ook goed gekolf.
Goeie boulwerk deur Bergrivier se Ryan Mouton (3/36) en Fabian Arendse (2/23) het egter verseker dat die besoekers slegs131/9 in hul toegelate 45 boulbeurte kon behaal.
Op Malmesbury het Bergrivier II (165/10) vir Malmesbury met 36 lopies verslaan.
Delwayne van Niekerk (40, 5x4) en Mario de Kock (3/35) was Bergrivier se beste spelers.
Paarl-Oos II (177/4) het Saterdag vir Drakenstein Edu I (175/10) met 6 paaltjies geklop.
Paarl-Oos se beste kolwer was die14-jarige Keagan Petersen (46*, 5x4) en hul beste bouler was Garth Lewis (4/18).
Paarl-Oos III het vir Paarl IV met 1 paaltjie geklop.
Roderick Allies (4/28) was Paarl-Oos se beste bouler en Jamian Poggenpoel (31) die beste kolwer.
* Bergrivier I speel Sondag weg teen Noord-Boland en Bergrivier II speel tuis teen Franschhoek.
            *Paarl-Oos I speel Sondag te New Orleans teen Vredenburg/Saldanha.
Saterdag speel Paarl-Oos II teen Young Peoples II te New Orleans en Paarl-Oos III speel weg teen Wellington III.
 
Paarl weer op koers
 
PAARL KRIEKETKLUB se eerste span het Saterdag die tuisspan Worcester United I
met 18 lopies geklop.
Paarl het eerste gekolf en 184/7 aangeteken, met Curtis Fourie (36, 2x4) en Lynal Jansen (56,4x4) betrokke in ’n vennootskap van 109 lopies om die 3de paaltjie.
Die tuisspan se kolwers kon op hul beurt net nie aan die gang kom nie, met Hein Adonis (3/35), Jansen (2/19), Alfredo Adams (2/31) en Ultalyn Ernstzen (2/40) wat die tuisspan beperk het tot 166/10.
Verlede naweek het Paarl II (219/8) vir Bergrivier II (165/10) geklop op Weltevrede sportterrein met 54 lopies. Rudy Andrews (59) was Paarl se beste kolwer, met L Dampies (2/25) en G Meyer (2/37) die tuisspan se beste boulers. Delwayne van Niekerk (75) was Bergrivier se beste kolwer. Jacques Jacobs (3/39) was Paarl se voorste bouler.
Paarl III (278/10) het die naweek vir Drakenstein Edu II op die Parys-velde geklop.
Carlo Crotz (110;11x4) het sy tweede honderdtal agtereenvolgens vir dié seisoen aangeteken. G Philander (4/46) was die besoekers se beste bouler,met Lyndon Fredericks (3/31) Paarl se beste bouler.
Verlede naweek het Young Peoples III (165/3) vir Paarl IV (164/10) met 7 paaltjies op die Parys-velde geklop. L Davey (100;11x4,7x6) was die wenspan se beste kolwer.
Die afgelope naweek het Paarl-Oos III (151/9) ook afgereken met Paarl IV (150/10),met 1 paaltjie op die ParysC-veld. Dié Saterdag speel Paarl I en II op Parys teen Malmesbury I en II, en Paarl III speel tuis teen Northdene II. Paarl IV speel weg teen Van der Stel III op Stellenbosch.
 
Young Peoples steeds onoorwonne
 
YOUNGPEOPLES se eerste krieketspan is ná Saterdag se weg-oorwinning oor Piketberg steeds on oor wonne dié seisoen.
Peoples het Piketbergmet 8 paaltjies behoorlik afgeransel, toe laasgenoemde slegs 52/10 lopies kon opstapel.
Peoples se twee openings-boulers, Charlton Daniels (5/20 in 6bb) en Lester Opperman (3/19in6), het absoluut verwoesting gesaai.
Peoples het die wenteiken (56/2) reeds in die 11de boulbeurt behaal, met Wade October (26*, 4x4) wat baie goed gekolf het.
Peoples II (426/4) het ook op Daljosafat met Mbekweni (157) afgereken.
Peoples aw rekord-telling van 426/4 in 45 boulbeurte, is behaal danksy skitterende honderdtalle deur Melvyn Jackson (134, 15x4 en 6x6) en Tom-Ross Fortuin (119*, 14x4 en 5x6).
Die besoekers van Mbekweni het hardnekkig probeer, maar kon slegs157 lopies behaal.
Vir Peoples het Garren Fortuin (5/24 in 7bb) goed geboul.
Peoples III se wedstryd teen Van Der Stel het uitgereën.
Verlede Saterdag het Peoples III egter met Paarl IV(164/10) op die Parys-velde klaargespeel. Peoples se Jermaine Buys (5/39 in 9bb) het ’n driekuns behaal.
Peoples het die wenteiken reeds in die 17de boulbeurt behaal, danksy 100-lopies (10x4 en 7x6) deur Lindsey Davy, van slegs 40 balle.
Saterdag het die eerste span weer ’n loslootjie. Peoples II speel weg teen Paarl-Oos II en Peoples III speel tuis teen Excelsior
 
[Paarl Post, 12 November 2009]

Back
Results login

click here

Fixtures login

click here

Performax login

click here

shadow